Tuis

Hierdie is jou omvattende diensportaal vir Afrikaanse teksversorging en –begeleiding.

Die volgende dienste word aangebied:

  • Teks- en/of manuskripontwikkeling.
  • Leesverslae vir individue: sowel prosa as digkuns.
  • Keurverslae vir uitgewerye: sowel prosa as digkuns.
  • Redigering van enige Afrikaanse teks, hetsy fiksie of niefiksie.
  • Proeflees van tekste.

In samewerking met Versindaba byderhand:

  • ‘n Omvattende kursus vir die aspirantdigter, bestaande uit tien interaktiewe modules.
  • Teksbegeleiding vir die meer bedrewe digter.

Ter motivering

Danksy my ervaring as taalonderwyser en eksaminator aan etlike skole (1977-2001) en my jarelange inset tot die Afrikaanse boekbedryf as bestuurder van ‘n invloedryke en wyd gerespekteerde boekhandel op Stellenbosch (2002-2016), beskik ek op ‘n ietwat ongewone manier oor die nodige ervaring en kundigheid om bogenoemde dienste met vertroue aan te bied.

Sedert einde 2016 het ek besluit om my toetrede as vryskutwerker op ‘n voltydse basis te maak tot die Afrikaanse teksbedryf. Gaan kyk gerus na die wye verskeidenheid projekte waarby ek sedertdien betrokke was.

Dit is daarom met vertroue dat ek my ervaring, kundigheid en dienste vir jou aanbied in jou strewe na ‘n uitnemende en foutlose teks.

Kontak my gerus vir ‘n kwotasie.

Louis Esterhuizen